Beagle Watch Armed Response: Market Street Fence Project

Pa’s in Aksie is opgewonde om deel te wees van die Market Street Park Project, gedryf deur Beagle Watch Armed Response. Andre Aiton en Span, tesame poog om die area, ‘n veilige en skoon park te maak vir die Fairland gemeenskap. Die area sal ook gebruik word deur Laerskool Fairland tydens funksies en byeenkomste vir veilige parkering.

Pa’s in Aksie het op 24 November 2023, ‘n bedrag van R50 000 oorhandig aan Beagle Watch Armed Response. Die geld vorm deel van die R700 000 benodig om die hele park te omhein met ClearView en die toegangshekke op te rig. Beagle Watch Armed Response sal vir elke R50 000 wat ingesamel word, ‘n gedeelte van die heining kan oprig.

NUUSFLITS: 30 Julie 2024
Tot op datum is daar R596 242,28 reeds spandeer aan die oprig van die heining. Daar word 'n verdere R25 000,00 benodig om die laaste gedeelte toe te maak. Kliek hier om 'n bydrae te maak

Pa’s in Aksie sowel as Beagle Watch Armed Response vra die gemeenskap en plaaslike besighede om die projek te ondersteun sodat die skoolkinders sowel as die gemeenskap beveilig kan word en 'n skoon park en area saam te geniet.